Dit is weer tyd vir RSG se immergewilde Rugbyraai kompetisie, met trots geborg deur MMS Groep Geoktrooieerde Rekenmeesters. Staan ‘n kans om R10 000 te wen elke keer as die Bokke uitdraf gedurende die komende Rugby Kampioenskap en die 2015 Rugby Wêreldbeker.
Die Bokke skop hulle 2015 internasionale seisoen af met deelname aan ‘n verkorte weergawe van die Rugby Kampioenskap, waarna hulle gaan poog om hul derde rugby wêreldbeker titel in te palm as die IRB Rugby Wêreldbeker op 18 September in Engeland begin. Die Bokke se eerste wedstryd van die seisoen is op 18 Julie teen Australië en jy staan ‘n kans om R10 000 kontant te wen. Al wat jy moet doen om die kontant te wen is om die Bokke se rustydtelling en eindtelling korek te voorspel en na die RSG SMS lyn te stuur.
Hoe om deel te neem:
Springbok Kragmetings: 2015 Rugby Kampioenskap | ||
Datum & Tyd | Teenstaander | Wedstryd |
18 Julie 2015 – 12:05 | Australië | Brisbane |
25 Julie 2015 – 17:00 | Nieu Seeland | Johannesburg |
8 Augustus 2015 – 17:00 | Argentinië | Durban |
Springbok Kragmetings: 2015 Rugby Wêreldbeker | ||
Datum & Tyd | Teenstaander | Wedstryd |
19 September 2015 – 17:45 | Japan | Brighton |
26 September 2015 – 17:45 | Samoa | Birmingham |
3 Oktober 2015 – 14:45 | Skotland | Newcastle |
7 Oktober 2015 – 17:45 | VSA | Londen |
MMS Groep – Trotse borg van die RSG Rugbyraai kompetisie en trotse ondersteuner van die Springbokke!
MMS Groep – Jou venoot in besigheid.